Pastor Ben & Meisie

Associate Pastors of A.G.M

Jare gelede, tot en met 2005, was ons in Gauteng, Kempton Park, woonagtig. Ons was lidmate by AGS Emmanuel, en het ‘n aantal jare na mekaar opleiding meegemaak, kennis opgedoen en was ook later in beheer van die gemeente se gebed – en intersessiegroep en ook leiers van ‘n effektiewe en aktiewe selgroep. Ons het albei ook klas aangebied vir die gemeente se graadstudente.

Gedurende 2005 het ons Kaapstad toe verhuis nadat ons ‘n passie begin ontwikkel het om geestelike by die bruin gemeenskap betrokke te raak. Na ‘n tydperk van soek na ‘n gemeente om te dien het iemand ons verwys na Amazing Grace Ministries (AGM), wat toe pas in ‘n skoolsaal geboorte gegee het. Ons het daar aangesluit en was die vergunning gegee om voor elke diens agter in ‘n vertrekkie te gaan intersessie doen vir die diens.

Ons het die pad saam met AGM en sy groei gestap in die hoedanigheid van leiers van die gemeente se gebed- en intersessiegroep. Meisie, toe nog nie pastoor, het by AGM se kantooradministrasie betrokke begin raak, en in 2007 by die nuutgestigde Bybel kollege se administrasie. Sy moes sekere vakke en pastorale opleiding by die Bybel kollege doen om aan die einde van die jaar haar BA graad as ook pastorale aanstelling te kry en ook later haar Meestersgraad ontvang. Tot en met hierdie tyd was ons beide deurlopend betrokke by berading en bevryding. Gedurende Maart 2015 was Ben as pastoor georden op grond van sy jare betrokkenheid, ondervinding en krediete. Beide is ook berokke by klas gee vir student in die Bybel Kollege vanaf 2012.

Ons is beide se passie is om diensbaar te wees, ander se nood te verlig, mense te bemagtig deur opleiding en in te staan waar daar leemtes is.