Intercessors Team

Hierdie jaar het ons opl in 22 Januarie 2018 begin en die 20 ste Oktober, het ons die laaste opleidings kursus gehad, hierdie kursusse het die volgende behels, Intersessie: Tabernakel wyse, die Heilige Gees werking in die lewe van die bidder...

Hierdie jaar het ons opl in 22 Januarie 2018 begin en die 20 ste Oktober, het ons die laaste opleidings kursus gehad, hierdie kursusse het die volgende behels,

Intersessie: Tabernakel wyse, die Heilige Gees werking in die lewe van die bidder, Vas en Gebed ook bevryding en die tekens daarvan, Deurnag bid, Gebed en Intersessie opl met profetiese bediening, praktiese gebeds byeenkoms, waar ons dan die profetiese prakties toepas. Hierdie opleiding vind plaas op ‘n Sterdag vanaf 10h00 tot 12h00. Opleiding is oop vir almal wat belangstel om die Here op ‘n unieke wyse te dien.

Elke Maandag aand om 19h00 kom ons bymekaar om belangrike sake op te dra,tov van die land, kerk, leiers, gebeds versoeke van gemeente en Radio Disa, ens, ons eie sake kom altyd laaste. Tydens hierdie gebedsessies het ons genesings wonderwerke ervaar, huwelike wat herstel is, tik verslaafde kinders wat in die moelikheid was gered, daar is net te veel om alles op te noem. Ons moet egter weet dat dit nie ons is nie, God het die wonderwerke gedoen, Hy het net na ons gebede geluister en alles het volgens Sy volmaakte wil geskied.

Ons het oor ‘n langtyd perk vir sekere funksies gebid en nou het die Vader die deure oop gemaak wat ons almal net in “awe” laat staan.

Ons laat dit ook nie na om soms ‘n bietjie gesellig te verkeer nie. Die Gebeds aksie is ‘n ernstige saak, ‘n hartsaak, ‘n verhoudingsaak met die Lewende God en opleiding daarvan is krities. Ons kan almal bid maar as ons dit nie verstaan nie kan ons lekker mis vat. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n bidder en tussen ‘n Intersessor.